"BenguFarm is ‘n baie goeie omvattende program met goeie ondersteuning. Baie dankie vir uitstekende diens!!"
Liezel Hodgson, Never Stop Trading Dorpers, Williston

"Julle het ‘n baie goeie program, dit maak ons boere se lewens baie makliker."
Bonita Visser, Amaris Game Breeders, Pretoria

"BenguFarm is ‘n baie vriendelike program om mee te werk."
Cathy Exley, Brandwater Boerdery, Fouriesburg

"Die wildbedryf het ‘n stoetfase betree. Telers benodig volledige en akkurate rekords vir seleksie, teling, dag-tot-dag bestuur en bemarking. ‘n Premie word betaal vir diere met volledige en betroubare inligting. BenguFarm-GAME sagteware maak die aantekening, verwerking en verslaggewing van data makliker en meer doeltreffend. Die program is dinamies en die aanslag is behoefte gedrewe sowel as wetenskaplik. Toeganklike ondersteuningsdienste en opleiding deur kundige agente maak dit ‘n plesier om die program te gebruik."
Andrien White, Bemarkingsbestuurder: Thaba Tholo

"Na 26 jaar as teler van wild, beeste en perde is ons sukses toe te skryf aan rekordhouding en seleksie. BenguFarm-GAME vergemaklik hierdie taak en maak rekordhouding 'n plesier. Inligting van diere en 'n verskeidenhied van handige verslae is baie maklik om in die hande te kry. Die ondersteuningsdiens is altyd vriendelik en hulpvaardig. Daarby is hulle altyd bereidwillig om na nuwe versoeke te luister en word nuwe funksies gereeld bygevoeg. Dit maak BenguFarm GAME beslis die mees omvattende program wat ek nog mee gewerk het en ek kan dit met vrymoedigheid by medewildtelers aanbeveel."
Tina de Jager, Valley Venture Stoet, Vryburg

"BenguFarm-GAME is ‘n fantastiese bestuurshulpmiddel waarsonder geen wildboer behoort te wees nie."
Colin Engelbrecht, Klein Buisfontein, Klerksdorp

"Ek is baie tevrede met die program en vind dit baie handig. (BenguFarm GAME)"
Dirk Rosema, Twiga Wildlife Sanctuary, Marken

"Met BenguFarm SHEEP & GOATS word skaapbestuur vereenvoudig sodat effektiewe bestuur op jou kuddde toegepas kan word. BenguFarm SHEEP & GOATS doen wat jou behoefte is, nie net wat die boeke wil weet nie. Dit is van kardinale belang met die skaaptoetssentrum wat veroorsaak dat diere vir ekonomies belangrike eienskappe geselekteer kan word want BenguFarm SHEEP & GOATS maak die saamgevatte data bruikbaar"
Frik Roux, Rouvus Vleismerinos, Ventersburg

"Ek gebruik BenguFarm-BEEF daagliks! Veral noudat ek die somerseisoen se dekkings beplan. Die feit dat ons nou van ons kuddebulle en potensiële kuddebulle 'n volledige "Bonsmara Veilingskatalogus" kan druk, presies soos die Genootskap se katalogus, stel my in staat om met een oogopslag al die belangrike inligting in een verslag te kan sien en gebruik."
Mnr. Arthur de Villiers, Arcadia Bonsmaras, Vrede. Nasionale Wenner: LNR-ABSA Vleisbeeskudde van die Jaar, 2013

"The introduction of BenguFarm-BEEF and the complete use of all the different functions made Hartebeestloop a most efficient business entity. We do all the normal entries, reports and what is needed for stud breeding. In addition, the data of every animal slaughtered like live mass, total cold mass, average meat yield and grading is recorded. Photographs of all stud animals are available on BenguFarm-BEEF - the clever buyer wants to "see" the bull mother and her progeny."
Dr. Joggie Briedenhann, Hartebeestloop Bonsmaras, Stampriet, Namibia

"My pa het my altyd gewaarsku teen die “boekwerk” van stoetboerdery. Met BenguFarm-BEEF is hierdie frustrerende “boekwerk” egter omskep in ‘n magtige bestuursprogram. Ek is seker dat as ek my pa kon wys hoe maklik kuddebestuur nou is, hy sou saamstem dat die BenguFarm-BEEF program seker die handigste stuk gereedskap op enige beesplaas is – stoet of kommersieel."
Mnr. Gerrit van Zyl, Hanzyl Bonsmaras, Dewetsdorp. Nasionale Wenner: LNR-ABSA Vleisbeeskudde van die Jaar, 2009 & 2011.

"BenguFarm-BEEF is 'n fantastiese program - dit werk soos 'n droom!"
Mnr Hardus Steenkamp. Hardus-Steenkamp Beefmasters, Steenbokpan

"I don’t know how we managed our herd without having this incredible tool (BenguFarm-BEEF) to work with."
Annette Kingwill, Kingly Boran Stud, Fish River

"Julle bly met nuwe opwindende dinge vorendag kom met BenguFarm-BEEF. Dis lekker om met so ‘n lewendige program te werk en ook met julle kundige mense."
Mnr. Wessel Pistorius, Weslyn Bonsmaras, Maanhaarrand

"Ek is in 1935 gebore, dus lank voor die rekenaar era. Tog vind ek BenguFarm BEEF en BenguFarm GENETICS baie toeganklik, prakties en uiters nuttig."
Dr. Matthys Strydom, Bosplaas Bonsmaras, George

"Wat 'n plesier om 'n program soos BenguFarm-BEEF te kan hê in ons gejaagde lewe van vandag. Dit is absoluut ’n alles-op-een skerm program, maklik verstaanbaar, prakties en die lekkerste is om met dit te werk. Baie dankie aan die LNR vir die beskikbaarstelling van so 'n hoogstaande program. Aan Tinus Viljoen hier onder in die Suide: Baie dankie vir jou bystand."
Pieter & Sandra van Wyk, Dammerskloof Rooipoenskopstoet & Sonrug Senepolstoet, Riversdal

"We use BenguFarm-BEEF to manage the registration and performance information of our registered Mequatling Angus herd. The system is used by us daily and we find it a vital decision-making tool. All our information is sent and received electronically, simplifying the operation and minimizing mistakes. The system is networked in our offices enabling us all to have ready access to all the necessary management information. The support given by the BenguFarm-BEEF personnel to date has been excellent and they have adapted the programme to the more complex Angus needs."
Mr. Philip Barnard, Mequatling Angus Stud, Clocolan

"Ek wil julle geluk wens met ‘n uitstekende program wat binne ‘n kort tydperk die EEN program geword het wat die totale pakket aan die stoet en kommersiele teler bied en aangepas is by die huidige beskikbare tegnologie."
Mev. Helmien Haddad vir Frans van den Berg Trust, Op-die-Aarde Bonsmara Stoet, Reivilo - Nasionale Wenner van die LNR Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar Toekenning 2007

"Well structured with great features and versatile report capabilities makes BenguFarm-BEEF the ideal beef management software."
Mr. Russell Clark, Kenrussmark Hereford & HBH Tuli Studs, Dordrecht - National Winner of the ARC Beef Cattle Improvement Herd of the Year Award 2000, 2006 & 2010

"Met BenguFarm-BEEF word die berg van adminstrasie 'n miershoop! Met die program se hulpfunksie asook hulp van die LNR beamptes, is dit maklik om die program te bemeester. Tesame met al die verbruikersvriendelike funksies van die program, is die elektroniese versending en ontvangs van data 'n reuse pluspunt. BenguFarm-BEEF + Stoetteling = Sukses!!"
Mnr. Johan Rautenbach, Jatro Drakensberger, Chrisba Hereford & Belandre Bonsmara Stoeterye, Lindley - Nasionale Wenner van die LNR-ABSA Vleisbeeskudde van die Jaar toekenning, 2005 (met sy Drakensberger kudde)

"BenguFarm-BEEF is a fantastic program, allowing you to have everything at your fingertips. Also, the ease of exporting and e-mailing the data to Studbook/Breed Society and the ARC and being able to import results back into the program, without having to type it all in, is a bonus. BenguFarm-BEEF is a must for any beef farmer, stud or commercial, to improve and to advance into top production of beef."
Mr. Craig Marwick of Marwick Brothers, Little Harmony Santa Gertrudis Stud, Richmond, KZN - National Winner of the ARC Beef Cattle Improvement Herd of the Year Award 2001, 2002, 2003, 2004 and 2008.

"Met al die verskillende dinge wat gedoen moet word in ‘n vertakte onderneming, kan ‘n mens nie heeldag in ‘n kantoor sit met rekords en ‘n rekenaar nie. Die BenguFarm-BEEF program maak dit egter maklik om in ‘n klein tydjie jou hele beesboerdery op te som en die nodige admin af te handel. Dis ‘n groot hulpmiddel om dinge makliker te maak."
Mnr. Danie Botha, Bijstein Angus Stoet, Wellington.

"BenguFarm-BEEF sorg dat ek elke dag weet wat in my kudde gebeur. Dit maak die seleksie en bestuur van die diere maklik en eenvoudig. Die gebruikersvriendelikheid van die program maak dit `n moet vir elke stoet."
Mnr. Thys Delport, Lucret Hereford Stoet, Caledon

"Vir seleksiedoeleindes kan mens op dieselfde skerm die teelwaardes van enige gekose dier grafies sowel as in tabel vorm sien, saam met die ras- en kuddegemiddeldes. Dit maak seleksie, volgens jou eie seleksiekriteria, met een oogopslag moontlik."
Mnr. Henning Radley van Radley Landgoed, Onderberg Nguni Stoet, Malelane

"Ek het, toe ek begin het met die Beefmaster stoet, dit moeilik gevind om dektye, kalfdatums, TKP's, gewigte en duisende ander data by te hou. Ek het toe BenguFarm-BEEF laat installeer en kyk nie terug nie. Met opgradering vanaf die internet is dit maklik om op datum te bly met die nuutste veranderings. Om nie te praat van die geboortekennisgewings nie – die vinnige respons vanaf Stamboek en die LNR is ongelooflik!"
Mnr. John Tait, Tait Beefmaster Stoet, Ottosda

"Dit is 'n veelsydige program wat lekker makilik werk en ek vind die ondersteuning van navrae oor die program baie doeltreffend. Die instuur en terug ontvang van data is ook amper te goed om waar te wees, maar dit is waar."
Mnr. Hasie Haasbroek, Mokale Bonsmara Stoet, Vryburg

"Ek is 'n sakeman wat verskeie besighede bestuur, so ook my boerdery met kommersieële- en stoet diere. Ek hanteer self die program en vind dit 'n briljante bestuurshulpmiddel vir geordende rekordhouding. Die ondersteuning is die heel beste!"
Mnr. Danie Cronje, Koepelsig Santa Gertrudis Stoet, Parys

"Hoe beter ek die BenguFarm-BEEF program leer ken, hoe meer geniet ek dit om al die funksies te gebruik. Dit is ’n wonderlike program wat julle ontwikkel het. Graag wil ek julle bedank vir die ondersteuning wanneer ek hulp nodig het."
Mnr. Eli van der Merwe, Blyde Drakensberger Stoet, Pelgrimrus

"Met BenguFarm-BEEF weet ek presies wat elke dag in my kudde aangaan – van aantal GVE tot koeie wat moet kalf. Die gebruikersvriendelke verslae stel my in staat om vinnig en maklik my diere akkuraat te selekteer – swak produserende koeie vir uitskot en goeie presteerders vir teling. Danksy BenguFarm-BEEF maak ek nou meer geld met minder beeste."
Mnr. Meyer de Jager, Hendrina - RPO, Mpumalanga

"Vir 'n rekenaargestremde soos ek, is die program nogtans wonderlik. Iets wat ek my lewe lank begeer het. Ek is so opgewonde soos 'n klein kindjie met 'n nuwe speelding."
Mnr. Louis Nel, Jannel Hugenoot Stoet, Vaalwater